Kieslys
Mandjie 0

Kontak ons

Kontakbesonderhede

E-pos: winkel@maroelamedia.co.za

Adres

Maroela Media
Monumentstraat
Voortrekkermonumentterrein
Groenkloof 358-Jr
Pretoria
0027

Gereelde vrae

  • Hoe betaal ek?
    Wanneer jy jou produk by Maroela Media se kantoor kom aankoop, moet jy asseblief kontant betaal, of vooraf d.m.v. EFT. Wanneer jy aanlyn koop, kan jy met jou kredietkaart, debietkaart of met 'n elektroniese oorplasing (EFT) betaal. Kaartbetalings word deur PayFast verwerk. Indien jy per EFT betaal, gebruik asseblief die nommer van jou bestelling (MMXXXX) as verwysing en stuur vir ons die bewys van betaling na winkel@maroelamedia.co.za.

  • Hoe word produkte afgelewer?
    Produkte word per koerier gestuur na jou afleweringsadres of jou naaste PostNet. Die bedrag word bepaal deur die gewig van die pakkie en die area van aflewering.

  • Kan julle my produkte in my posbus by die poskantoor aflewer?
    Nee, maar ons kan dit op versoek na jou naaste PostNet stuur.

  • Kan ek eerder die produkte wat ek gekoop het kom haal?

    As jy reeds jou produkte in ons aanlynwinkel gekoop het, maar self in Gauteng woon en die koerierkoste wil vryspring, kan jy jou produkte by Maroela Media se kantoor by die Voortrekkermonument in Pretoria kom haal. Hier is 'n kaart.

  • Kan ek met ʼn debiet-/kredietkaart betaal wanneer ek my produkte by Maroela se kantoor in Pretoria kom afhaal?
    Nee. Jy kan slegs ʼn kaart gebruik wanneer jy jou produkte aanlyn koop. Jy kan ook slegs jou produkte by ons kom afhaal indien jy dit reeds aanlyn in die Koöperasie gekoop het.

  • Waar kan ek al die produkte sien?
    Maroela Media se Koöperasie is ʼn aanlynwinkel – ons het dus nie ʼn fisiese winkel waar jy deur die rakke kan loop en na die produkte kan kyk nie. Ons maak dit vir jou baie maklik – waar jy ook al is, kan jy aanlyn enigiets koop wat jou (of jou geliefdes en vriende!) se hart begeer.

  • Kan ek my produk terugstuur of laat omruil?
    Ons beleid maak voorsiening vir 30 dae om produkte terug te stuur. Indien 30 dae verloop het sedert jou aankope, kan ons ongelukkig nie vir jou ʼn terugbetaling of omruiling aanbied nie. Lees meer in ons terugstuurbeleid.

Indien jou vraag nie hierbo beantwoord is nie, stuur vir ons 'n boodskap deur die onderstaande vorm in te vul.

Stuur 'n boodskap

Ek gee toestemming dat Maroela Media my inligting stoor en my mag kontak.