Kieslys
Mandjie 0
Vuurvreters in MP3-formaat

Vuurvreters in MP3-formaat

ʼn Wrede moord op ʼn agent van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) in Nairobi lei tot die aanstelling van ʼn taakspan onder leiding van direkteur Victor Fransman, bygestaan deur agente Sally Bloemhof en Henry Vogel. Meer moorde volg in Suid-Afrika wat die taakspan noodsaak om sy fokus na die binneland te verskuif ... Die radiodrama Vuurvreters, geskryf deur Joe Kleinhans, is ʼn produk van Maroela Media en vervaardig in samewerking met Bettie Kemp. 

Jy kan nou dié spanningsvolle radiodrama deel maak van jou luistergenot-versameling! Luister in die motor op die langpad of in die aande om die kombuistafel na hierdie lekker spanningsverhaal. Die radiodrama is op verskeie gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai. 

Die stel bestaan uit 120 digitale klanklêers (MP3's); een vir elke episode. Alles word saam afgelaai in een 590 MB ZIP-lêer.

*Bepalings en voorwaardes

Hierdie radiodrama is slegs vir privaat gebruik en mag nie vir enige kommersiële uitsending gebruik word nie. Kontak ons gerus per e-pos by maroela@maroelamedia.co.za indien jy dié radiodrama op jou radiostasie wil uitsaai.

  • R9500
  • Spaar R135