Kieslys
Mandjie 0

Boereplaas-uitbreidingstel 2

Hierdie splinternuwe byvoeging tot die gewilde Boereplaas-bordspeletjie beloof om jou boereplaas-spel tot hoër vlakke te neem. Nou kan jy met meer geld en meer kaartjies speel vir ʼn verlengde spel vol avontuur!

 Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone. Leer boer met dié heerlike bordspeletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water.

 Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk.

 Dié uitbreidingstel is ʼn ekstra byvoeging tot die oorspronklike spel en uitbreidingstel 1.

Ingesluit in hierdie uitbreidingstel:

  • 72 nuwe speelkaartjies
  • 74 geldkaartjies (aangesien die Boerebank soms ʼn geldtekort kan ondervind!)


 Het jy nog nie uitbreidingstel een nie? Koop dit hier.

 

  • R15000



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]