Kieslys
Mandjie 0
‘Briekaandraai’: Radiovervolgverhaal oor magstryd in die media

‘Briekaandraai’: Radiovervolgverhaal oor magstryd in die media

Geskryf deur Leon van Nierop

Regie behartig deur Bettie Kemp

 

Wat gebeur wanneer ʼn gevestigde koerant op ʼn plattelandse dorpie skielik moet meeding met ʼn varser, jonger radiostasie wat elke keer die nuus eerste aan die gemeenskap bied? En as die koerantredakteur boonop ʼn stoere chauvinis is wat glad nie hou van die wedywering tussen sy plaaslike koerant en die radiostasie nie?

Dít is die opwindende en aktuele storielyn van Maroela Media se radiovervolgverhaal, Briekaandraai, geskryf deur Leon van Nierop.

Gevestigde radiostemme soos Antowan Nöthling as Slaptjip Salamander, Ria Smit as tannie Dottie Duvenhage en Helena Hettema as Melissa Taljaard is saam met jonger talent soos dié van Luan Jacobs as Wessel Vorster, Izel Bezuidenhout as Corlia Lemmer en Stefan Vermaak as Wolfgang Jordaan in hierdie opwindende radiodrama te hoor.

Die karakters

  • Otto Marais – vertolk deur Anton Dekker
  • Elfra van Staden – vertolk deur Bettie Kemp
  • Wessel Vorster – vertolk deur Luan Jacobs
  • Corlia Lemmer – vertolk deur Izel Bezuidenhout
  • Slaptjip Salamander – vertolk deur Antowan Nöthling
  • Tannie Dottie Duvenhage – vertolk deur Ria Smit
  • Melissa Taljaard – vertolk deur Helena Hettema
  • Wolfgang Jordaan – vertolk deur Stephan Vermaak

Tegniese versorging deur Marius Vermaak en opgeneem in Maroela Media se ateljee.

Jy kan nou dié spanningsvolle radiodrama deel maak van jou luistergenot-versameling!

Die stel bestaan uit 120 digitale klanklêers (MP3's); een vir elke episode. Alles word saam afgelaai in een 833 MB ZIP-lêer.

 

  • R15000



Voorgestelde produkte