Kieslys
Mandjie 0

Emoji - Coenie de Villiers

Coenie de Villiers het musikante gekry om saam met hom op te tree – Gürkan Çakmak (dudukspeler), Elvis Blue (sanger), Dave Koz (saxofoonspeler), Wouter Kellerman (fluitspeler), Leon Gropp (akoestiese kitaarspeler en sanger), No Limits (koor), Pops Mohamed (kora- en kalimbaspeler) !Gubi Tietie en Anna Tietie (mondboogspeler en sangers), Hemelbesem (kletsrymer) en Karen Zoid (sanger).

Met Emoji as titel, ʼn term wat verwys na draers van emosie in elektroniese kommunikasie, dek dié album ʼn wye spektrum van intieme emosies – onder meer van heimwee in die eerste snit, “Notting Hill”, tot ootmoed in die “Seëngebed”, tot wrang protes in “Desert Conversation” en ʼn herbesoek, jare later, aan “Karoonag” as laaste snit.

“Emoji is ʼn album wat luister en herluister verdien. Dit is ʼn album wat met elke nuwe luister ʼn nuwe ervaring bied.”

~ Johan Myburg (resensent)

  • R13500
  • Spaar R15



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]