Kieslys
Mandjie 0

Melktertmeester-stel

Elke behoorlike familieresepteboek spog gewoonlik met ʼn “flatervrye” melktertresep en dié dis kan verskillende baadjies aantrek: van ʼn yskoue stukkie melktert wat met kondensmelk aangemaak is (en waarvoor jou ouma haar wenkbrou sal lig en die basaartannies sal kopskud en sê “dis nie ʼn regte melktert nie”), of ʼn stukkie melktert wat pas uit die oond kom met kaneel daaroor gestrooi wat jou herinner aan al die nostalgie van lekkerkuier in die kombuis.

 Of jy nou vieruur al in die kombuis staan om voor sonsopkoms te bak en bekommerd is daaroor om die veerligte lagies in die deeg te kry en of jy die vinnigste, maklikste resep wil probeer, is dié baie spesiale Melktertmeester-stel net vir jou bedoel.

 Dié stel bevat alles wat jy nodig het en moet weet om ʼn melktertmeester te word: wenke van ʼn melktertmeester, twee resepte (ʼn maklike en vinnige melktertresep en ʼn melktertresep vir diegene wat hul geliefdes wil beïndruk), die mooiste Maroelaboom-stensil om jou liefde vir Afrikaans en melktert te bewys, bietjie kaneel en boonop ʼn boereporselein-blikbord om jou varsgebakte melktert in te bedien.

Onthou, ʼn blikbord is ʼn blikbord – dis nie ʼn porseleinkoppietjie nie! Ons blikborde is karaktervol en uniek, en dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.

  • R26500



Voorgestelde produkte