Blikbekerstel (6 bekers)
Koop ʼn stel boereporselein-blikbekers vir tannie Annetjie wat so afgunstig na joune kyk. Nou kan sy haar stel Royal Albert-rooinekkoppies vervang met bekers wat net so tuis is in haar voorkamer as die drie eende teen die muur.
*ʼn stel van 6 tradisionele blikbekers met emalje-afronding; die gemengde stel blikbekers bestaan slegs uit groen en geel blikbekers.
Onthou, ʼn blikbeker is ʼn blikbeker – dis nie ʼn porseleinkoppietjie nie! Ons blikbekers is karaktervol en uniek, en dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.
Voorgestelde produkte