Kieslys
Mandjie 0

Badsakkie van egte leer

Hy het al kaalhande met ʼn leeu baklei en met ʼn krokodil geworstel in die Vaalrivier. Skobbejakke sidder as hulle sy naam hoor en vroue swymel as hulle hom sien. Hy is rowwer as ʼn grondpad, maar hy het ʼn hart van goud.

Of hy nou sy avonture beleef wanneer hy jag, kamp, visvang en 4x4 in Namibië, of eerder seevakansies, hotelverblyf of selfs net ʼn kort naweekuitstappie verkies, het hy elke keer ʼn betroubare vriend in sy sak: die badsakkie.

Hierdie badsakkie is gemaak van egte leer en saamgestik met die beste materiaal – dit is elke held se droom. Dit is gemaak om ʼn leeftyd se reis en vakansiedrome te vergesel.

Dit is ʼn bekostigbare geskenk en een wat vir baie jare en selfs generasies sal hou. Dié leer kry met gebruik al hoe meer karakter, en word net mooier met die jare.

Die bruin leersakkie is groot genoeg om meer as net jou tandeborsel, Brylcreem, kam en knipmes te huisves. Dié sakkie is 13 cm hoog, 9 cm wyd en 22 cm lank. Dit bêre gemaklik alles wat jy nodig het om die stof of see mee af te was.

  • R39900



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]