Kieslys
Mandjie 0

Blikkantien-koffiestel

Die nostalgie van boeretroos of goeie koffie is so eg aan ons Afrikaanse kultuur soos melktert, koeksisters en bobotie. Daar is ʼn onthou vir elke koppie koffie.

Nou kan jy die nostalgie van plaaskoffie sommer self by die huis geniet met Maroela se Blikkantien-koffiepot, blik vol geluk-blikbekers en oom Boet se beste koffie!

Hierdie Blikkantien is fênsie genoeg om voor te sit vir gaste of sommer rondom ʼn kampvuur te geniet. Dit kan op jou ou koolstoof gebruik word of sommer net om jou koffie by die huis oor te skink in iets mooi.

Dit is boonop die ideale geskenk vir ʼn bietjie vertroosting in die koue winter of om ʼn somersoggend mee op te kikker.

Die geskenkpak bestaan uit een Blikkantien-koffiepot, twee blik vol geluk-koffiebekers en jou keuse van ʼn pakkie gemaalde of heel koffiebone.

 

Onthou, ons blikprodukte is karaktervol en uniek, en dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.

  • R44500



Voorgestelde produkte