Kieslys
Mandjie 0

Afrikaanse yskasmagnete – kombuistaal

Die lekkerste kuierplek in die huis is gewoonlik in die kombuis – en nou kan die yskas sommer saamgesels! Maak jou yskas die vertoonkas van familie en vriende se kreatiewe skryfwerk met dié oulike yskasmagnete.

Met woorde soos “springmielies”, “malvalekker”, “biltong”, “gesin”, “kuier”, “kaggel”, “lag”, “dink”, “lees”, “sit-sit” en allerhande ander woorde wat jy nodig het om eenvoudige sinne mee te bou, kan jy jou liefde vir Afrikaans met almal deel.

Só stelletjie kombuistaal-yskasmagnete is boonop die ideale geskenk vir jou ma, buurvrou, skoondogter of kollega wat gereeld ander se taalfoute regmaak. Dis ideaal vir Kersfees, ʼn verjaarsdag, ʼn jaarafsluiting en enige ander geleentheid wat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk wil bederf.

*Afrikaanse woordmagnete, verpak in ʼn veeldoelige blikkie

Die Koöperasie het ook ʼn spesiale stel kindertaal-yskasmagnete om saam met die kleinspan se aartappelstempel/handafdruk/eierdop-kunswerke op jou yskas te pryk.

  • R8000



Voorgestelde produkte