Kieslys
Mandjie 0

‘Laurika Rauch – 40 jaar’: ʼn CD-versamelstel

‘Laurika Rauch – 40 jaar’: ʼn Versamelstel

 Dis nou 40 jaar sedert Kinders van die wind ʼn treffer geword het en Laurika haar eerste album, Debuut, opgeneem het. In díe 40 jaar het Laurika haar hart en siel in haar loopbaan gestort en spog sy vandag met talle treffers op haar kerfstok. Met dié eksklusiewe versamelstel vier sy haar 40 wonderlike en soms veelbewoë jare in die bedryf.

Vir Laurika Rauch – 40 jaar het sy 14 albums uit haar katalogus gekies wat sy dink haar loopbaan die beste verteenwoordig. Sy het egter gevoel daar is op die albums wat nie ingesluit is nie wel liedjies wat vra om ook gehoor te word en het dus ʼn 15de album, ʼn Versameling, spesiaal by dié stel ingesluit.

Met die 15 albums sal jy bykans elke liedjie wat sy oor dié 40 jaar opgeneem het as ʼn versamelstuk kan bewaar. Dit sal ʼn beperkte oplaag van slegs 1 000 eenhede geniet. Daar sal nie ʼn herdruk wees nie. Die versamelstel is slegs aanlyn te koop deur Maroela Media se aanlyn winkel.

“Mense vra al lank vir my eerste album, Debuut, en vir die Jy is te dierbaar-album wat ná die eerste druk in 1983 (en goue status) nog nooit weer uitgegee is nie. Hierdie CD’s is nou weer in dié stel beskikbaar. Die volle album van Jy is te dierbaar sal ook nêrens anders as juis in die versamelstel in die afsienbare toekoms beskikbaar wees nie,” sê Laurika.

“Wat die versamelstel verder spesiaal maak, is dat vier van my CD’s wat in die beginjare opgeneem is, herbemeester is, en die gehalte van die klank is asemrowend. Met dié versamelstel hoop ek dat jy al jou herinneringe in een mooie boksie sal kan bewaar.”

Die stelle bevat elkeen ʼn unieke nommer en boekie wat persoonlik deur Laurika onderteken en genommer is.

  • R1,26500



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]