Kieslys
Mandjie 0

Maroela-kappietop

Jy is deel van die span – nou kan jy Maroela dra

Jy lees alles op Maroela Media: die (slegte) nuus, die goeie nuus, die rubrieke deur meningsvormers, die nuus oor tegnologie, geldsake en vermaak. Jy toets die resepte, volg die leefstylnuus slaafs na en staan verstom oor nuus in ons gedoriewaarportaal. Jy volg ons op sosiale media, is ingeskryf op ons nuusbriewe en het onlangs selfs ʼn Maroela-fonteiner geword.

Jy voel tuis op Maroela Media, want dis jou mense, jou taal. Want as jy Afrikaans praat, dan is hierdie jóú kuierplek, jóú gemeenskap, jóú tuiskomsplek.

Nou kan jy met jou liefde vir Maroela spog!

Word deel van die Maroela-span met hierdie prettige kappietop: dis mooi, modieus, snoesig en gemaklik. Maar opskud: dis ʼn eksklusiewe produk en slegs 300 Maroela-aanhangers sal met só kappietop kan spog.  

Dra jou Maroela-kappietop by die werk, ʼn Saterdagmiddagbraai of selfs by sportgeleenthede – as dit snerpend koud is buite, is dit al wat jy gaan nodig hê!

Elke Maroela-kappietop (beskikbaar in donkerblou en donkergrys) word verkoop vir slegs R399. Bestellings sluit op 17 April en versending vind tussen 11 Mei en 15 Mei plaas – net betyds vir die winter!

Belangrike kennisgewing tydens die 21 dae-afsonderingsperiode

Dankie dat jy by Die Koöperasie aanklop!

Ons sal ongelukkig nie enige aflewerings kan maak tydens die 21 dae-afsonderingsperiode nie. Gaan gerus steeds intussen voort met jou bestelling.

  • R39900



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]