Kieslys
Mandjie 0
‘Môregloed’ in MP3-formaat

‘Môregloed’ in MP3-formaat

Dié radiostorie gaan jou laat lag, huil en naels kou

 Die verhaal van Môregloed draai rondom ʼn ma, Aletta de Jongh, en haar dogter, Elmari Neethling, wat ná 22 jaar herenig word en die pad saam begin loop. Aletta kook om aan die lewe te bly en Elmari begin ʼn nuwe hoofstuk deur ʼn laventelplaas en kleuterskool oop te maak. Die skoolhoof is die knap Patricia de Villiers van Eersterus wie se seun Anton in die Baviaanspoort-gevangenis is. En dan is daar natuurlik die man wat Aletta se huwelik destyds op die rotse laat beland het, Theuns Malan.

 Aletta kuier gereeld by Griet Kotze in die Joos Becker Karavaanpark by die Wonderboom-Junction, Pretoria. Griet se groot droom is om Maggie, haar dogtertjie huis toe te bring. Dit is hier waar die storie begin... maar waar die verlede hulle inhaal.

 Joe, skepper van dié drama, meen Môregloed het ʼn skeppie van alles. “Die stryd om te oorleef, terugslae, vasbyt, deernis, die hoop en seer rakende pleegsorg, kinderontvoering, die vernietigende uitwerking van dwelms, moord en genoeg spanning. En in dié proses is almal maar net inherent op soek na ʼn beter môre!”

 Die rolverdeling is soos volg:

  • Theuns Malan – Anton Dekker
  • Eben de Jager – Antowan Nöthling
  • Griet Kotze – Sulette Thompson
  • Patricia de Villiers – Esmeralda Bihl
  • Elmari Neethling – Su-an Müller-Marais
  • Aletta – Bettie Kemp
  • Lionel Peters – Duncan Johnson

 Jy kan nou dié spanningsvolle radiodrama deel maak van jou luistergenot-versameling!

 Die stel bestaan uit 120 digitale klanklêers (MP3's); een vir elke episode. Alles word saam afgelaai in een 724 MB ZIP-lêer.

*Bepalings en voorwaardes

Hierdie radiodrama is slegs vir privaat gebruik en mag nie vir enige kommersiële uitsending gebruik word nie. Kontak ons gerus per e-pos by maroela@maroelamedia.co.za indien jy dié radiodrama op jou radiostasie wil uitsaai.

  • R9500
  • Spaar R135