Kieslys
Mandjie 0

Maroela-vellies

Daar is min dinge wat kan kers vashou by ʼn paar egte boerevellies. Of jy nou optof vir ʼn troue, jou beste voetjie voorsit vir jou nuwe nooi se familie of jou gemaklikste kakiebroek aantrek vir kleiduifskiet by die kerk se basaar – ʼn goeie paar vellies laat jou nooit in die steek nie. Vrouevellies is ook niks vreemds meer nie, en menige bruid kies deesdae vellies by haar trourok sodat sy haar eerder oor haar rammetjie-uitnek-swaer as oor haar seer voete hoef te bekommer.

 Maak dit nou boonop ʼn paar egte Maroela-vellies en jy kan maar weet jy sal ʼn spoor trap wat al jou vriende jou sal beny.

 In samewerking met Beatus Leerprodukte en Bata, een van Suid-Afrika se mees gesogte skoenvervaardigers, verkoop Die Koöperasie nou ʼn regte-egte leervellie van net die beste gehalte. Elke skoen word subtiel gebrandmerk met Maroela se boom-embleem sodat jy diep Afrikaanse spore kan trap oral waar jy gaan.

  • R59900



Voorgestelde produkte