Kieslys
Mandjie 0

Boereplaas-bordspeletjie

Leer boer met dié heerlike Boereplaas-bordspeletjie: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk.

Indien jy die Boereplaas-speletjie en die uitbreidingstel saam koop, kry jy afslag. Koop dit hier.

*Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone.

  • R36000



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]