Kieslys
Mandjie 0

Boereplaas-bordspeletjie met een uitbreidingstel

Hierdie geskenkpak is ideaal vir ʼn gesin. Bederf hulle met ure se genot met die immergewilde Boereplaas-bordspeletjie en uitbreidingstel 2 teen ʼn baie spesiale afslagprys.

Met die Boereplaas-bordspeletjie leer jy boer: beurtkrag laat jou kuikens vrek, jy moet allerhande belastings betaal en die werkers staak vir hoër lone. Maar jy voer ook vrugtesap uit na Doebai, begin ’n staproete op jou plaas en begin ’n aanleg vir gebottelde water. Boereplaas is pret en opvoedkundig. Dit leer kinders (en grootmense) van boerdery, ondernemingsgees, taalvaardighede, rekenkunde en sosiale interaksie. Ook hoe om met geld te werk.

Ingesluit by uitbreidingstel 2:

  • 72 nuwe speelkaartjies
  • 74 geldkaartjies (aangesien die Boerebank soms ʼn geldtekort kan ondervind!)

*Die Boereplaas-bordspeletjie is ʼn opvoedkundige gesinsbordspel vir 2 – 6 persone.

  • R43000



Voorgestelde produkte