Kieslys
Mandjie 0

Oor ons

Maroela Media is veel meer as net ʼn Afrikaanse nuuswebwerf. Ons is ʼn kuierplek: die groot tafel in jou ouma se kombuis waar jy kan kom aansit vir ʼn koppie boeretroos en ʼn stuk melktert. Ons is die stoep op jou oom se plaas waar jy sit en stories luister terwyl oupa sit en biltong kerf.

Maroela is jou oor op die grond: alles wat jy wil weet is gratis en in Afrikaans by ons beskikbaar.

Van die jongste nuus en meningsvormers se opinies tot ʼn gunstelingresep of lagwekkende video; van die herkoms van ʼn idioom tot die mooiste gedig. Van nuus oor dit wat op die rugbyveld gebeur tot vermaak op die grootskerm, die verhoog en die jongste Afrikaanse musiek.

In ons koöperasie verkoop ons alles waarvan jy hou: T-hemde wat jou taal praat, egte boereporselein-blikbekers, plonspotte vir jou opkikkertjie-moerkoffie, ʼn kolskootkettie, ʼn wielewalieklimtol en selfs kombuistaal-magnete waarmee jy jou yskas kan versier en jou woordeskat kan verbreed.

Ons het iets wat elke hart en sak pas. Word deel van die familie – jy is tuis op Maroela!

Besoek ons Facebook-blad en volg ons op Twitter, Instagram en YouTube om op hoogte te bly van al die jongste nuus.