Kieslys
Mandjie 0

Baardolie en boerseep

Hierdie baardolie en boerseep, seep met skop, is vir elke man wat 'n slag kan slaan en 'n bars kan kyk. 'n Man wie se hande vir niks verkeerd staan nie en wie se hart net so groot is soos sy liefde vir sy grond. Dis die ideale geskenk vir 'n verjaarsdag, Vadersdag of Kersfees.

Baardolie en boerseep loop mos hand-aan-hand en word dus saam verkoop.

Boerseep:

Seep met skop!

Bestanddele: Bier, klapperolie, kanola-olie, galambotter (“shea butter”), beesvet, NaOH (natriumhidroksied), water, kasterolie, en ʼn mengsel van essensiële geurolies (sederhout, bloekom en dennenaald).

Daar is boonop 'n baardolie-geur vir elke man:

Lemoenboer

Soos ʼn egte lemoenboer sal dié olie jou baard bewimpel met die geur van sitrus en speserye, met ʼn ondertoon van houtsaagsels.
Bestanddele: Druiwepitolie, soetamandelolie, jojoba-olie en ʼn mengsel van essensiële geurolies en teeboomolie.

Karooboer

Die kruie- en kaneelgeur van dié olie sal jou baard so salig laat soos die Karooveld ná ʼn donderstorm.
Bestanddele: Druiwepitolie, soetamandelolie, jojoba-olie, vitamien E en ʼn mengsel van essensiële geurolies.

Troebadoer

Die houtige speserygeur van dié olie met ʼn ondertoon van laventel sal geen twyfel laat dat jy mans genoeg is om nou en dan ʼn traan te stort as die lewe diep raak nie.
Bestanddele: Druiwepitolie, soetamandelolie, jojoba-olie, vitamien E en ʼn mengsel van essensiële geurolies.

Bosbouer

ʼn Geur vir ʼn man met klas wie se baard al vir jare deel van sy karakter is: Kaneel, naeltjies en pure bos.
Bestanddele: Druiwepitolie, soetamandelolie, jojoba-olie, vitamien E en ʼn mengsel van essensiële geurolies.

Adonis

Jou skitterwit glimlag midde-in jou netjies gekweekte baard bevestig die vars geur van ment en tiemie wat in dié baardolie vasgevang is.
Bestanddele: Druiwepitolie, soetamandelolie, jojoba-olie, vitamien E en ʼn mengsel van essensiële geurolies.

  • R16000



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]