Kieslys
Mandjie 0

Die Volgende Stop-bordspel

Daar is ʼn hele paar goed wat ons kan lys wat deel is van ons bestaan hier in sonnige Afrika, naamlik: braaivleis, vakansie, kamp, nasionale parke, avontuur, buitelug-aktiwiteite, die Groot Vyf en bordspeletjies.

 Hierdie bordspel is ontwerp en saamgestel deur trotse landsburgers wat graag wil poog om sekere elemente van Suid-Afrika te behou en aan ons kinders en kleinkinders oor te dra. Terwyl julle Die Volgende Stop-bordspel gaan speel, gaan jy genoeg feite van ons wonderlike land speel-speel leer en terselfdertyd hope pret hê!

 Met dié bordspeletjie dra jy speels die geskiedenis en bou van ons land oor aan jou nageslag. Dit beloof hope kamppret, hardop-lag-oomblikke by die gesinstafel en ʼn dieper kennis van Suid Afrika.

 Die Volgende Stop neem jou op reis deur ons land se mooiste plekke, leer jy van ons unieke diereryk, en die dorpe wat bykans vergete is maar die mooiste herinneringe vasvang. Dié bordspel neem spelers op reis deur Suid-Afrika se bekendste dorpe soos Durban, Kaapstad, Pretoria en Mosselbaai. Met jou klein ou Beetletjie (karretjie) maak jy ook ʼn draai in Warrenton, Daniëlskuil, Ficksburg en Bethulie.

 Die reis kan egter nie sonder ʼn pap wiel of twee aangepak word nie. ʼn Troefkaart stuur jou maklik na die Krugerwildtuin, of ʼn ontrafel-raaisel kan maak dat jy binne 30 sekondes die spel verloor!

 Dié spel het prettige lag-oomblikke soos stomstreke, bou ʼn woord en “raai die dier” vanaf ʼn foto.

Die spel bestaan uit:

  • ʼn Speelbord
  • 300 speelkaarte
  • Karretjies
  • Tydhouer
  • Notaboek

 Kry vandag nog jou Die Volgende Stop-bordspel... dit is meer as net ʼn speletjie!

  • R31000



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]