Kieslys
Mandjie 0

Jou dasversameling van egte leer

Soms wil jy mos vir jouself opstêrs hou. Dis wanneer jy jou baas Maandagoggend vroeg moet sien of daai dag wanneer jy jou eie onderneming se deure oopmaak. Dis wanneer jy fênsie moet lyk vir jou matriekafskeid, troue, tien jaar-skoolreünie, ouma se 70ste verjaarsdag of wanneer jy uiteindelik die meisie ontmoet met wie jy al lank op daai aanlyn afspraak-app gesels.

Dis wanneer dié dasversameling handig te pas kom om jou uitrusting af te rond. Elke das is boonop van egte leer gemaak om te wys dat jy nie skrikkerig is om modieus of modern te lyk nie – selfs al klop die Karoo in jou are en druk jy nog soms ʼn kam in jou kous.

Kies ʼn slanke hangdas wat perfek is vir werk, kerk of ʼn romantiese aandjie uit, of ʼn sjarmante strikdas wat ekstra spesiaal is vir ekstra spesiale geleenthede.

Die das en strikdas is handgemaak en verwerk van die hoogste kwaliteit leer om te verseker dat jy nog baie jare lank fênsie gaan lyk. Kies tussen donker- of ligtebruin leer, of kry sommer albei en weet jy het altyd ʼn das wat netjies pas.

  • R24900



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]