Kieslys
Mandjie 0

Kampporselein

Of julle nou met ʼn karavaan in die bosveld kampeer, ʼn tent in die Drakensberge opgeslaan het, of sommer net ʼn piekniekkombers onder die sterre in jul agtertuin oopgesprei het, hierdie stelletjie kampporselein (twee blikborde en twee blikbekers) is net wat jy nodig het om jou liefde te bewys – vir jou geliefde, ons taal en ons mooie natuur.

Die blikbeker is net so taai soos jou kanniedood-oupa. Dié bekertjie is net so tuis om die kampvuur as in jou ouma se sitkamer. (Malvalekkers nie ingesluit nie.)

*ʼn tradisionele blikbeker met emalje-afronding

Die blikborde is net so tuis op jou kamptafel of in die kombuis saam met jou boereporselein-blikbekers soos jou ouma se Royal Albert-eetstel in die eetkamer.

*ʼn tradisionele blikbord met emalje-afronding

Onthou, ʼn blikbeker en ʼn blikbord is karaktervol en uniek, dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.

Die kampporselein-stelletjie bestaan uit twee blikbekers en twee blikborde in groen, geel of gemengde kleure.

 

 

  • R13000



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]