Kieslys
Mandjie 0

ONSKAROO boek – deur Deon Meyer en Coenie de Villiers

Die bekroonde spanningskrywer Deon Meyer en musiekgenie Coenie de Villiers se jongste boek, Ons Karoo, is nou beskikbaar op die Koöperasie.

Ons Karoo word spesiaal verpak in ʼn eksklusiewe toedraaipapier met aanhalings van beide Coenie en Deon. Jy kan hierdie spesiale aanbod slegs op die Koöperasie kry.

“Ons hoop lesers sal die Karoo-sterrenag met behulp van ons boek verken, meer van die landstreek te wete kom, die mense ontmoet om hul gasvryheid te ervaar en – les bes – ʼn lekker Karoo-dis voorberei,” sê Coenie.

Die boek bevat die volgende:

  • Die boek is in vier gedeel: HemelAardeHarten Siel.
  • Deon Meyer se 14 Karoo-verhale uit albei vertonings.
  • Wêreldgehalte-fotografie deur Sarel van Staden en Maryna Cotton, die fotograwe wat onder meer die voorblad vir die internasionale uitgawe van National Geographic geneem het.
  • ʼn Hoofstuk deur sterrekundige prof. Matie Hoffman, onder meer bekend vir die program Sterre en Planete.
  • Johann Kirsten en prof. Bruce Rubidge, gevierde paleontoloog, gee insette oor die oergeskiedenis, potensiaal en ekostelsel van die Karoo.
  • Zahn Hulme van die Atterbury Trust vertel hoe dié projek lewens verander het.
  • Medewerkers se gunsteling-Karoo-resepte, van lamsvleis en volstruis, tot keurige bykosse en ʼn melktert- en boerbeskuitresep so outentiek soos die vlaktes.
  • ʼn Bonus-bydrae deur Jan Hendrik van der Westhuizen, die gesogte internasionale uithalerkok wat spog met ʼn Michelin-ster. Hy deel sy resepte vir skaapstertjies en mieliepapvingers.
  • R42000



Voorgestelde produkte