Kieslys
Mandjie 0
Pienkvoet Lof 2

Pienkvoet Lof 2

Pienkvoet Lof 2 wil peuters en kleuters verder uitdaag in hulle verstandelike, emosionele en sensoriese ontwikkeling terwyl dit steeds Woord oor hulle lewens uitspreek en hulle aanmoedig om Jesus met hulle lyfies te loof!

Die DVD en bonus CD bevat lof- en aanbiddingsliedere gesing deur Leza Liversage (van Luidkeels), videobeelde geskik vir babas, peuters en kleuters (tot op 4 jaar) met instruksies in praatborrels op die skerm vir saamdoen aktiwiteite. Hettie Brittz gesels oor die verskillende ontwikkelingsvlakke van jou kind soos hy/sy van baba tot peuter en kleuter groei, sowel as die belangrikheid van interaksie tussen jou en jou kind.

Daar is ook ‘n bonus CD ingesluit van al die liedjies en as jy die CD in jou rekenaar sit sal jy sien daar is ‘n pdf-dokument op met allerhande interessante inligting en idees vir aktiwiteite wat jy saam met jou kind kan doen!

  • R11000



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]