Kieslys
Mandjie 0

Sout- of pepermeul van apiesdoringhout

Kamp, braai, aansitetes en familie-onthaal het so pas ʼn bietjie meer Afrikaans geword met dié handgemaakte meul. Hierdie meul, met ʼn unieke afwerking, gaan beslis ʼn gesprek om die tafel uitlok en sal jou sommer laat terugverlang na aande om ʼn braaivleisvuur in die bosveld.

Elke meul is gemaak van die hardehout van die welbekende apiesdoringboom wat natuurlik voorkom in Limpopo en die Noordwes. Die hout word gedroog en met die hand gevorm om die ideale toevoeging tot enige etenstafel te wees. Elkeen van dié sout- of pepermeule word uniek vervaardig, en net soos jou ouma se pannekoeke vir die kerkbasaar, lyk nie een presies dieselfde nie. Die lyne van die hout is prominent en dui op die harde struktuur van die hout.

Die meganisme wat die sout of peper maal word in Denemarke uit marmer vervaardig en kom met ʼn 25 jaar-waarborg en sertifikaat van die verskaffer. Boonop draai die meganisme net so maklik soos Saartjie op die dansvloer by die stadsaal-opskop in Desember en jy kan dus ʼn tjoppie, beesboud of selfs aartappelslaai opkikker sonder om ʼn gewrig te breek.

Kry jou unieke sout- of pepermeul van apiesdoring eksklusief in Maroela Media se Koöperasie.

(Dié meule word individueel verkoop en nie as ʼn stel nie)

  • R59900



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]