T-hemp – Afrikaners is plesierig
Afrikaners is plesierig, dit kan jy my glo. Hulle hou van partytjies en dan maak hulle só!
Selfs peste en pestilensies kan ons nie onderkry nie, ons kuier nog steeds om ons braaivleisvure en ons kuier ʼn hond uit ʼn bos met ʼn blikbeker boeretroos. Ons raak opgewonde oor die vooruitsig van ʼn kerkbasaar, familiesametrekke en kunstefeeste. Ons lag lekker vir mekaar se grappe en ons strek ʼn helpende hand uit na diegene wat dit nodig het.
Nou kan jy vir almal wys jy is ook deel van dié plesierigheid met die mooiste T-hemde, beskikbaar in ʼn mansnit en damesnit.
Die manshemp is ʼn reguitsnit wat sal seker maak boet kan spog met die spiere wat hy bygekry het van al die harde werk op die plaas, en los genoeg sodat pa met sy boepens ook die hemp met gemak kan dra. Die damesnit is effe ingewerk, mooi vroulik vir ma en sus. En natuurlik gaan ons die geheim vir niemand verklap as tannie Bets eerder die mansnit verkies nie!
Daar is slegs beperkte voorraad beskikbaar van dié unieke T-hemde wat spesiaal ontwerp is vir Maroela Media se 10de verjaarsdag.
*stylvolle, kortmou T-hemp van goeie kwaliteit
Voorgestelde produkte