Varsgemaal-koffiefilter
Bring ʼn nuwe geur na jou kombuis, karavaan en selfs piekniek met ons Varsgemaal-koffiefilter.
Dié koffiefilter is ontwerp om vir jou ʼn geurige koppie koffie of twee te maak sonder baie moeite. Koffie-entoesiaste wêreldwyd maak van oorgooi-koffie gebruik omdat die geur van die koffie maklik beheer kan word.
Besluit self hoeveel gemaalde-koffiebone jy in die filter wil plaas en gooi dan die warm water stadig oor die bone. Voor jy kan sê “varsgemaal” is jou koppie koffie gereed! Geniet die geur van ʼn spesialiteitskoffie sonder dat jy duur toerusting hoef te koop.
Die koffiefilter is boonop die ideale geskenk aan daai buurman, vriendin of kollega wat nie sonder hul kaffeïen-inspuiting kan klaarkom nie.
*die koffiefilter is gemaak van porselein.
Voorgestelde produkte