Kieslys
Mandjie 0

Afrikaanse yskasmagnete : kombuistaal en kindertaal

ʼn Kombuis is ongetwyfeld die hartklop van die huis – dis hier waar daar ure lank om die tafel gesit en gesels word, waar lief en leed met mekaar gedeel word, waar liggaam en siel gevoed word.

Spog nou met yskasmagnete op jou yskas: Nou kan jy kinders (van alle ouderdomme!) besig hou terwyl jy die laaste voorbereidings doen. 

Die blikkie "kombuistaal"-yskasmagnete bevat woorde soos “luilekker”, “samesyn”, “kuier”, “gesels”, “snoepgoed” en “malvalekker” wat gaan seker maak daar is genoeg "grootmens"-woorde om jou sinne mee te bou. 

Die blikkie "kindertaal"-yskasmagnete bevat woorde soos  “loop”, “staan”, “skop”, “bal”, “pop” en “rooi”, “geel”, “blou”, “groen" en "pers" om seker te maak die kleinspan kan ook saam help skryf aan die sinne. 

As jy albei yskasmagneet-stelle koop, het jy boonop dubbel soveel ander woorde wat jy nodig het om sinne mee te bou. 

Hierdie yskasmagnete is ideaal vir Kersfees, ʼn verjaarsdag, ʼn jaarafsluiting, jou kind se taalonderwyser en enige ander geleentheid wat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk wil bederf.

Jy kan die stelle ook afsonderlik aanskaf. Koop die kombuistaal-yskasmagnete of die kindertaal-yskasmagnete.

*Afrikaanse woordmagnete, verpak in ʼn veeldoelige blikkie

  • R15000



Voorgestelde produkte