Kieslys
Mandjie 0

Enetjie vir die (koffie)pad

Is jy ʼn regte koffiepot? Hou jy van goeie koffie, sterk tee en jy verkies om elke koppie varsgemaak, en warm te drink? Dan is ons koffiefiltersakkie, Enetjie vir die pad, net vir jou bedoel.

Dié klein handgemaakte koffiesakkie is spesiaal ontwerp om een koppie boeretroos of stokkiestee op ʼn slag te kan maak. Die handige houthandvatsel maak dit maklik om ʼn koppie moerkoffie, boeretroos, tee of selfs kruietee te maak deur eenvoudig jou kookwater daaroor te gooi. Dit beteken dat jy nie meer hoef te sukkel met groot koffiepotte wat net staan en koud word nie. Enetjie vir die pad maak moerkoffie maklik.

Deur die gebruik van 100% katoen, verseker ons dat elke koppie koffie of stokkiestee met die beste geur gemaak kan word. Hierdie koffiesak is ontwerp om oor en oor te gebruik. Vergeet van sintetiese filters, gewaste tee of kitsgoeters — dié Enetjie is 'n volhoubare oplossing wat jy oor en oor kan gebruik.

Hoe gemaak?

1.      Plaas jou koffiesak(kie) op jou beker

2.      Gooi ʼn eetlepel gemaalde koffiebone of stokkiestee in die sak

3.      Gooi jou kookwater stadig oor die koffie of tee tot die beker vol is

4.      Laat jou brousel vir sowat 60 sekondes lank staan en trek

5.      Verwyder die koffiesak uit die beker en gooi die gebruikte inhoud in die drom

6.      Spoel jou koffiesak met warm water uit

7.      Geniet jou varsgebroude koppie boeretroos of tee.

Só versorg jy Enetjie vir die pad

Om jou Enetjie in toptoestand te hou, is dit belangrik om dit met die regte sorg te behandel. Was dit eenvoudig met warm water en los hom op die rak om droog te word. Vermy die gebruik van seep, aangesien dit die geur van jou koffie of tee kan beïnvloed. Met die regte versorging, sal jou Enetjie vir die pad ʼn betroubare metgesel bly.

Of jy nou ʼn boeretroos-liefhebber is of ʼn passie het vir stokkiestee, is die Enetjie perfek vir die kombuis, tent, stapsak of selfs op die strand.

Probeer dit gerus.

  • R15900



Voorgestelde produkte