Kieslys
Mandjie 0

Karoo-tandemuis

Die lekkerste van ouma- of oupawees of om ʼn tannie of ʼn oom te wees, is dat mens die kleinspan sommer enige tyd deur die jaar mag bederf – mens hoef nie vir spesiale dae soos ʼn verjaarsdag of Kersfees te wag nie.

Dié troeteldiere is deel van die Karoo-droogteprojek. Jou bederf maak dus ʼn kinderhartjie bly en help inwoners van die Karoo om in moeilike tye te bly oorleef.

Ontmoet vir Mia die Karoo-tandemuis.

Mia is oorspronklik in Sutherland in die Noord-Kaap gebore waar sy saans deur elke kind se skoene gesoek het vir tande wat dalk vir haar gelos is.

Met die droogte in die Karoo wil Mia egter graag ʼn groter rol speel om haar mense te kan help om kop bo water te hou. Mia kom stad toe op soek na meer skoene en meer tande! Sy wil graag ook ʼn nuwe maatjie hê by wie sy kan bly.

Mia is ongeveer 41cm lank en is pragtig geklee in pienk en grys.

Kyk ook na die Karoo-lammetjie.

  • R45000



Voorgestelde produkte