Kieslys
Mandjie 0

Koffiefontein-koffiestel

 

Nou kan jy Oom Boet se boeretroos oral saam met jou neem.

Of jy nou by die huis is, op vakansie by die see of selfs in die bos kuier – die Koffiefontein-koffiemaker is die ideale manier om jou gunstelinggeur koffie te geniet!

Om koffie op die stoof te maak is een van die oudste en bekendste maniere van koffiemaak in die wêreld. Die eerste koffiemakers wat op ʼn soortgelyke manier gewerk het, is reeds in 1933 in Italië vervaardig.

Alhoewel hierdie koffiepot nie tegnies espresso maak nie, brou die Koffiefontein ʼn soortgelyke ryk en gekonsentreerde koffie.

Die Koffiefontein is gerieflik en maklik om te gebruik en die twee kerse in die stel maak seker dat jy – selfs tydens beurtkrag – jou gasstoof kan nader trek om jou boeretroos te brou. 

 

Die pakket bestaan uit:

1 x Koffiefontein-koffiepot

1 x 250 g koffie (kies tussen bone of gemaal)

2 x blikbekers (kies tussen geel of groen)

2 x rooi opsitkerse

Let wel: Gebruik slegs skoon, warm water om jou Koffiefontein skoon te maak – geen skoonmaakmiddels nie. Moet ook nie die Koffiefontein in die skottelgoedwasser was nie; dit kan die produk beskadig en die geur van jou koffie beïnvloed.

 

 Daar is slegs 20 stelle beskikbaar.

  • R46500



Voorgestelde produkte