Kieslys
Mandjie 0

Stokkiestee-bederf

Laat die geur van rooibostee jou op reis neem na mooi herinneringe, goeie geselskap en aande op die stoep van die familieplaas in Namakwaland.

Op die grens van die Karoo met vae herinneringe van lang stofpaaie op die plat, plat aarde: Dit is hier, net duskant Vanrhynsdorp waar dié betowerende stokkiestee sy pad na ons toe gekry het. Op ʼn koue wintersoggend het die reuk van die stokkiestee Maroela Media se personeel aan die neus gelei tot by die teepot. Een koppie swart, soet tee later, en die besluit is geneem: almal móét proe.

Hoewel rooibostee, ook bekend as stokkiestee, se ryk geskiedenis sy oorsprong in die Cederberge het, het dié tee wêreldwyd ʼn impak gemaak. Afrikaners het stokkiestee ook aangeneem as deel van ons geskiedenis, maar die dankie gaan aan die Khoi en San wat heel eerste die wonder en medisinale waarde van rooibos ontdek het.

Die geur van Maroela Media se stokkiestee is 'n meesterlike versnit van neutagtige, effens soet en aardse note. Rooibostee is lank reeds 'n simbool van warmte, gemak en gemeenskap, wat mense bymekaar bring op 'n manier wat tyd en grense oorskry. Selfs die Japannese kan nie genoeg hiervan kry nie!

Wanneer jy hierdie tee drink, kan jy terugdink aan die kosbare stories en tradisies wat deur die jare oorgedra is, alles te danke aan hierdie nederige, kafeïenvrye stokkie.

Rooibostee is ook 'n ryk bron van antioksidante, wat beskerming kan bied teen kanker, hartsiektes en beroertes.

Elke stokkiestee houer bevat 40 sakkies van die lekkerste stokkiestee uit Namakwaland.

  • R9000



Voorgestelde produkte