Kieslys
Mandjie 0

Boland-gedigte op vier boereporselein-blikbekers

Vier jou liefde vir Afrikaans met NP van Wyk Louw se Vier gebede by jaargetye in die Boland.

Die jaar word ryp in goue akkerblare,

in wingerd wat verbruin, en witter lug

wat daglank van die nuwe wind en klare

son deurspoel word; elke blom word vrug...

Die vier strofes uit die gedig, Vroegherfs, Uit hierdie ligte herfs, Winter en Eerste sneeu is elk op ʼn blikbeker van hoë gehalte wat net so mooi op tannie Hannie se geelhouttafel in die eetkamer kan pronk as om die kampvuur tydens jou volgende staptoer.

Hierdie blikbekers is ideaal vir iemand wat net so lief is vir Afrikaans soos jy en is boonop die mooiste bederf tydens Kersfees, ʼn verjaarsdag of sommer enige tyd van die jaar wat jy jou Moedertaal wil vier.

Onthou, ʼn blikbeker is ʼn blikbeker – dis nie ʼn porseleinkoppietjie nie! Ons blikbekers is karaktervol en uniek, en dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.

* ʼn Stel van vier tradisionele blikbekers met emalje-afronding, elk met ʼn strofe uit NP van Wyk Louw se gedig.

* Die blikbekers is 12 cm x 8 cm x 11 cm groot.

Kies die aantal stelle van vier bekers wat jy wil bestel.

 

Onthou, ons blikprodukte is karaktervol en uniek, en dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.

 

  • R36000
  • Spaar R40



Voorgestelde produkte