Kieslys
Mandjie 0
‘Briekaandraai 2’: ʼn Radiovervolgverhaal oor die gebeure in Porseleinberg

‘Briekaandraai 2’: ʼn Radiovervolgverhaal oor die gebeure in Porseleinberg

Geskryf deur Leon van Nierop
Regie behartig deur Bettie Kemp

Net toe almal gedink het die platteland het weer in trurat beland, skok die een krisis ná die ander Porseleinberg uit sy sluimerslaap.

Het jy Briekaandraai geniet? In dié vervolg is die bekende karakters van Porseleinberg steeds daar: die selfvoldane Wolfgang Jordaan keer terug sonder dat die polisie iets teen hom kon bewys; Corlia, wat maande lank in ʼn koma was, word wakker; en die kompetisie tussen die gemeenskapsradiostasie Briekaandraai FM en die plaaslike koerant Windhond word feller. Die onverwagse raak nou die reël.

Waar alles dus vir ʼn tydperk bedrieglik rustig en bedaard was, val ou geraamtes nou uit die kas en dit bedreig die hele Porseleinberg se bestaan. Lees meer oor Briekaandraai 2 op Maroela Media.

Leon van Nierop is weer die skrywer met Bettie Kemp as regisseur en vervaardiger in hierdie opvolg op Briekaandraai.

Die karakters

  • Otto Marais – vertolk deur Anton Dekker
  • Elfra van Staden – vertolk deur Bettie Kemp
  • Wessel Vorster – vertolk deur Luan Jacobs
  • Corlia Lemmer – vertolk deur Izel Bezuidenhout
  • Slaptjip Salamander – vertolk deur Antowan Nöthling
  • Tannie Dottie Duvenhage – vertolk deur Ria Smit
  • Melissa Taljaard – vertolk deur Helena Hettema*
  • Wolfgang Jordaan – vertolk deur Stephan Vermaak
  • Phoebe – vertolk deur Mari Molefe-Van Heerden
  • Lana Pretorius – vertolk deur Su-an Müller-Marais

*In drie episodes van die reeks sing Helena Hettema as haar karakter Melissa: Episode 19 – Toemaar die Donker Man (lirieke deur Ingrid Jonker en musiek deur Laurika Rauch), episode 52 – Vir 40 jaar (lirieke deur dr. Karel Prinsloo en musiek deur Helena Hettema) en episode 84 – Tolbos in die Wind (oorspronklike lirieke en musiek deur David Cousins (Strawbs) met Afrikaanse lirieke deur Helena Hettema).

Tegniese versorging deur Marius Vermaak en opgeneem in Maroela Media se ateljee.

Jy kan nou dié spanningsvolle radiodrama deel maak van jou luistergenot-versameling!

Die stel bestaan uit 120 digitale klanklêers (MP3's); een vir elke episode. Alles word saam afgelaai in een 803 MB ZIP-lêer.

  • R15000