Kieslys
Mandjie 0
Staal Burger-radiodrama

Staal Burger in MP3-formaat

Tot op hede was Staal Burger een van die gewildste radiostories. Hy was as ‘t ware Afrikaanse radio se eie James Bond, en die oordadige en dramatiese byklanke en hoogdrawende taalgebruik van dié Afrikaanse superheld was uiters suksesvol onder oud en jonk.

Dié radiostorie is in die vroeë sestigs geskep deur Fanus Rautenbach, en later het Daan Retief aangesluit by Fanus as medeskrywer. 

ʼn Span gesoute akteurs en radiopersoonlikhede het byeengekom om nuwe lewe in hierdie baie bekende, ou radiokarakter en -storie te blaas. Die skrywer is Martin Jansen, en André Retief, die seun van Daan Retief wat oorspronklik die rol van Staal Burger vertolk het, sal in die nuwe reeks die rol van Staal vertolk.

Die storie word op presies dieselfde wyse vertel. Die karakters bly almal dieselfde, behalwe vir ʼn kinkel in die kabel met ʼn karakter wat bykom ... advokaat Gerrie Nel – en hy speel homself!

Jy kan nou dié humoristiese radiodrama deel maak van jou luistergenot-versameling! Luister in die motor op die langpad of in die aande om die kombuistafel na Staal Burger en Doedie se avonture. Die radiodrama is op verskeie gemeenskapsradiostasies landswyd uitgesaai.

Die stel bestaan uit 26 digitale klanklêers (MP3's); een vir elke episode. Alles word saam afgelaai in een  652 MB ZIP-lêer.

*Bepalings en voorwaardes

Hierdie radiodrama is slegs vir privaat gebruik en mag nie vir enige kommersiële uitsending gebruik word nie. Kontak ons gerus per e-pos by maroela@maroelamedia.co.za indien jy dié radiodrama op jou radiostasie wil uitsaai.

  • R9500
  • Spaar R135