Kieslys
Mandjie 0

Boereporselein-blikbakkie

Krummelpap en melk, vlae met ingelegde perskes, kerrie en rys of sommer maar net lekker boerebeskuit: hierdie blikbakkie is die perfekte toevoeging tot jou boereporselein eetstel!

Die tradisionele blikbakkie met emalje-afronding is ideaal vir kamp, piekniek en braai. Dit is net so taai soos jou kanniedood-oupa en ʼn moet hê vir enige plaaskombuis.

 

Afmetings
16 cm wyd by 7 cm hoog

*ʼn tradisionele blikbakkie met emalje-afronding

Onthou, ʼn blikbakkie is ʼn blikbakkie – dis nie porselein nie! Ons bakkies is karaktervol en uniek, en dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.

  • R5500



Voorgestelde produkte