Kieslys
Mandjie 0
Operasie Umbra

Operasie Umbra

Suid-Afrika maak en vernietig ses en 'n halwe kernbomme in die geheim. Uraan is op 'n unieke, inheemse wyse verryk. Dit word eers in 1993 aangekondig.  Bykans dertig jaar later is daar skielik 'n toeloop van buitelandse agente na die land. Hulle spore loop almal na Gansvlei, ‘n stil dorpie waar meer as een kundige uit die kernera afgetree het. Maar onbevestigde inligting dui daarop dat die kundiges geld uit die kerngeheime maak wat vernietig sou wees.

Direkteur Frans Ludik van die Staatsveiligheidsagentskap word gevra om vas te stel waarom die skielike buitelandse belangstelling in Gansvlei, veral agente vanuit Iran? Dit val saam met die skielike dood van die polisie-bevelvoeder op die dorp, Victor Gerwel. Sy weduwee, Francis, het op haar dag, kernfisika in Moskou studeer.

Kort voor lank is daar 'n reeks gebeure wat bevestig: waar daar 'n rokie is, is daar 'n vuurtjie. Direkteur Ludik het sy hande vol om uit te vind wat regtig destyds met die aftakeling van Suid-Afrika se kernwapenprogram gebeur het. Hy besef gou heelwat geheime uit die verlede is na vandag oorgedra. Dis of die kernsage van vroeër hom opnuut in Gansvlei afspeel. Geraamtes tuimel uit kaste. Umbra is nie verniet die donkerste deel van ‘n skaduwee nie.

Operasie Umbra is ‘n spanningsverhaal van 120 episodes, geskryf deur Joe Kleinhans, vervaardig word deur Bettie Kemp in samewerking met Maroela Media.

Die stel bestaan uit 120 digitale klanklêers (MP3's); een vir elke episode. Alles word saam afgelaai in een ZIP-lêer.
  • R15000



Voorgestelde produkte