Kieslys
Mandjie 0
Plattelanders: Radiodrama vol spanning, liefde en humor

Plattelanders: Radiodrama vol spanning, liefde en humor

Maroela-fontein lyk net soos enige ander plattelandse dorpie – rustig, kalm en ver van die stad se gejaag en daaglikse dramas. Maar is dit regtig so ʼn stil, rustige plekkie sonder enige geraamtes? 

Plattelanders is presies dit – ʼn sterbelaaide drama vol humor, romanse, spanning, lekker skinder, geheime en veel meer. Dié radiovervolgvervaal, uit die pen van Joe Kleinhans, het hoof‑ sowel as spanningvolle storielyne wat só verweef is om die luisteraar vasgevang te hou. Hier word ook vir mekaar omgegee, en hier is ook goeie dinge wat gebeur (met ʼn goeie dosis humor ingesluit!). 

Die luisteraar gaan kennis maak met Klara Korsten (Bettie Kemp), die spogsakevrou op die dorp wie se man ná ʼn beroerte aan ʼn rolstoel gekluister is. Daar is ook die nuwe “wewenaar” wat sy intrek neem op Maroela-fontein, dr. Dirk Duvenhage (Richard van der Westhuizen). Kaptein Swys Steenkamp (Lochner de Kock) werk hard om misdaad te bekamp, maar daar loer kort-kort iemand oor sy skouer: die geselserige Sandra Serfontein (Ria Smit). Sy staan ook van tyd tot tyd in vir die dorp se koerantman wat haar seker maar rede gee om haar neus oral in te steek. Die dorp het ook ʼn nuwe bankbestuurder, Roger Smith (Duncan Johnson). Hy en die aantreklike klinieksuster, Riana Roelofse (Natasja Jacobs), se eerste ontmoeting het erge gevolge vir albei. 

Dan is daar Ricky October (Johny Klein), eienaar van Rocky’s Funerals, wat hy by sy legendariese bokserpa, Rocky October, geërf het. Reeds met die storie se intrapslag sorg hy vir groot drama! 

Die temalied van Plattelanders is spesiaal vir Maroela-fontein geskryf. Die lied is geskryf en opgeneem deur Michael van der Walt en Christiaan Muller. 

Die stel bestaan uit 120 digitale klanklêers (MP3's); een vir elke episode. Alles word saam afgelaai in een 814 MB ZIP-lêer

*Bepalings en voorwaardes

Hierdie radiodrama is slegs vir privaat gebruik en mag nie vir enige kommersiële uitsending gebruik word nie. Kontak ons gerus per e-pos by maroela@maroelamedia.co.za indien jy dié radiodrama op jou radiostasie wil uitsaai.

  • R9500
  • Spaar R135



Voorgestelde produkte