Kieslys
Mandjie 0

Maroela-plaasvellies

Maroela het ʼn splinternuwe reeks plaasvelskoene.

Die reeks is spesiaal ontwerp om net so sterk te wees as wat dit mooi genoeg is om elke dag te dra. Jy kan optof vir ʼn troue, jou beste voetjie voorsit vir jou nuwe nooi se familie of jou gemaklikste kakiebroek aantrek vir kleiduifskiet by die kerk se basaar – ʼn goeie paar vellies laat jou nooit in die steek nie.

Vrouevellies is ook niks vreemds meer nie, en talle bruide kies deesdae velskoene by haar trourok sodat sy haar eerder oor haar rammetjie-uitnek-swaer as oor haar seer voete hoef te bekommer.

Maroela-plaasvellies vir mans se sole word gemaak van herwinde motorbande wat sal verseker dat jy nooit jou sole sal deurloop nie. Die reeks vir vroue se sole is ʼn bietjie meer afgerond en word van ʼn sterk, looistof-rubber gemaak.

Kry jou Maroela-plaasvellies net hier op die Koöperasie.

  • R79900



Voorgestelde produkte