Kieslys
Mandjie 0

Pa Wessel se koffiesak

Pa Wessel se koffiesak is ʼn nostalgiese ode aan tradisionele boeretroos op die stoof.

Ek dink terug aan die stories hoe my pa en sy pa voor hom, elke oggend voor die son opgestaan, die koolstoof met dennebolle gestook het en dan ʼn vars pot boeretroos gebrou het. Dit is die reuk van sterk koffie wat die res van die huis uit die kooi gejaag het en dan het almal met ʼn blikbeker vol lekkerte stoep toe gestap. Vars mosbolletjies en koffie was daagliks ontbyt. Daardie pot koffie het heeldag op die stoof bly staan, gereed vir pa om net beker vol te maak en verder op die plaas te werskaf.

Het jy geweet dat dit nie net onse boere was wat koffie só laat trek het nie? Dié manier van koffie maak word reeds donkiejare lank gebruik om die natuurlike en geurige olies vanuit die koffiebone te onttrek, en die katoenfilter help ook om meer van die bitter afsaksel te verwyder.

Nou kan jy net soos jou oupa ʼn sterk pot boeretroos vroegoggend op die stoof begin prut en heel dag lank daaraan drink soos die geur ontwikkel.

Hierdie koffiesak-koffiefilter is perfek vir gebruik by die huis, wanneer jy reis of selfs ʼn heerlike pot koffie op die kampvuur.

Die koffiesak is gemaak van eenhonderdpersent katoen om te verseker dat elke pot koffie perfek gegeur word. Die handgemaakte houthandvatsel verseker dat die koffiesak nie te warm word nie. Dit is ideaal vir die maak van boeretroos, tee en selfs kruietee.

Pa Wessel se koffiesak is ekovriendelik en kan maklik gewas en hergebruik word om te verseker dat elke pot koffie perfek en geurig is. Onthou om net nie jou koffiesak met seep te was nie. Warm water sal die ding doen.

  • R15900



Voorgestelde produkte