Kieslys
Mandjie 0

Karoo-lammetjie

Die lekkerste van ouma- of oupawees of om ʼn tannie of ʼn oom te wees, is dat mens die kleinspan sommer enige tyd deur die jaar mag bederf – mens hoef nie vir spesiale dae soos ʼn verjaarsdag of Kersfees te wag nie.

Dié troeteldiere is deel van die Karoo-droogteprojek. Jou bederf maak dus ʼn kinderhartjie bly en help inwoners van die Karoo om in moeilike tye te bly oorleef.

Hierdie oulike Karoo-lammetjies staan bekend as Wollie en Mollie. Hulle is albei opgetooi vir ʼn nuwe begin in die stad.

Die twee het in die Karoo grootgeword. Hulle is baie lief vir die plaas en die veld, maar het besluit dat hulle meer vir hulle plaasgesin kan doen as hulle stad toe gaan.

Hulle droom is om ʼn goeie huis te kry met baie maatjies om sodoende die geldjies wat hulle in die stad maak, terug te kan stuur na die Karoo wat tans baie swaar kry.

Wollie en Mollie is ongeveer 47 cm lank en beperkte voorraad is beskikbaar.

Kies jou Wollie skapie-uitrusting tussen donkerblou, grys of ligblou. Vir Mollie kan jy ʼn skapie-uitrusting kies van pers en pienk of turkoois en pienk. 

Loer gerus ook na die Karoo-tandemuis.

  • R49000



Voorgestelde produkte