Kieslys
Mandjie 0

Aptyt – resepte vir enige tyd

As jy Afrikaans is, is jou nostalgiese herinneringe aan familietye altyd deurweef met die geure en smake van die kos wat met hierdie spesiale tye voorgesit is. In die woorde van Lani Snyman: “Kom ons eet, want dis wie ons is.”

Met Maroela Media se Aptyt-resepteboek kan jy jouself verlustig aan al die gunsteling- vinnige disse wat ons oor die jare heen saamgestel het.

Die resepteboek is nie net mooi nie, maar ook die perfekte geskenk vir ʼn kombuishen of kookhaan. Met 25 van die lekkerste resepte gaan julle familietyd nooit weer dieselfde wees nie! Daar is resepte vir elke tyd: Opstaantyd, teetyd, snoeptyd, partytjietyd en braaityd.

Kom kry inspirasie en sommer ook ʼn paar moet-weet-wenke soos plaasvervangers, omskakelings, basiese botterversiersel en wenke vir wanneer jy braai.

Die resepteboek beslaan 90 bladsye vol pure genot met staaltjies van die Maroela personeel se kosherinneringe en vele meer.

Die Aptyt-resepteboek is ʼn volkleur A5-resepteboek sodat dit maklik op jou boekrak, kombuiskas en in jou vakansietas sal pas. Want of jy nou by die huis is of by die see, daar is altyd ʼn aptyt vir iets lekker!

  • R13500



Voorgestelde produkte