Kieslys
Mandjie 0

Koekietrommel

Ai, die reuk van varsgebakte koekies laat mens sommer dadelik tuis voel. Gemmerkoekies wat jy in jou boeretroos kan doop, hawermoutkoekies wat die mae stil as kinders uit die swembad klim, outydse soetkoekies om die dominee mee te bederf en koffiekoekies sommer net vir die lekkerte.

Dié koekietrommel is ideaal vir enigiemand wat weet hoe belangrik dit is om kleinkoekies en happies in die huis te hou vir onverwagse gaste. Dis boonop mooi genoeg om sommer net so op die koffietafel te sit!

Bederf ma, ouma, buurvrou, tannie en sommer die kinders se juffrou by die skool met ʼn koekietrommel. En as jy ekstra spesiaal wil wees, dan kan jy dalk sommer jou eie koekies ook bak en inpak!

 

Onthou, ons blikprodukte is karaktervol en uniek, en dalk met ʼn merkie hier en daar, nes jou oupa se bakkie op die plaas.

  • R17900



Voorgestelde produkte