Kieslys
Mandjie 0

Afrikaanse yskasmagnete – kindertaal

Die lekkerste kuierplek in die huis is gewoonlik in die kombuis – en nou kan die yskas sommer saamgesels! Maak jou yskas die vertoonkas van die kleinspan, familie en vriende se kreatiewe skryfwerk met dié oulike yskasmagnete.

Met woorde soos “speelgoed”, “teddiebeer”, “sjokolade”, “loop”, “staan”, “skop”, “bal”, “pop” en “rooi”, “geel”, “blou”, “groen” en “pers” en allerhande ander woorde wat jy nodig het om eenvoudige sinne mee te bou, kan jy hulle nou sommer van kleins af lief maak vir Afrikaans.

Só stelletjie kindertaal-yskasmagnete is boonop die ideale geskenk vir Ansie se juffrou wat al moeg is vir badsout, ouma Malie wat gereeld die kleinspan in die kombuis moet besig hou en daai kollega wat gereeld ander se taalfoute regmaak. Dis ideaal vir Kersfees, ʼn verjaarsdag, ʼn jaarafsluiting en enige ander geleentheid wat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk wil bederf.

*Afrikaanse woordmagnete, verpak in ʼn veeldoelige blikkie

Die Koöperasie het ook ʼn spesiale stel kombuistaal-yskasmagnete om saam met die kleinspan se aartappelstempel/handafdruk/eierdop-kunswerke op jou yskas te pryk.

  • R8000



Voorgestelde produkte