Kieslys
Mandjie 0

Kombuistaal-yskasmagnete

ʼn Kombuis is ongetwyfeld die hartklop van die huis – dis hier waar daar ure lank om die tafel gesit en gesels word, waar lief en leed met mekaar gedeel word, waar liggaam en siel gevoed word.

Spog nou met ʼn stel kombuistaal-yskasmagnete op jou yskas: met woorde soos “luilekker” en “samesyn”, “kuier”, “gesels”, “snoepgoed”, “malvalekker”, “beskuit”, “biltong”, “knus” en “gemaklik” en alles wat jy nodig het om sinne mee te bou, gaan die gesin en kuiergaste stry om by die yskasdeur te staan en bou!

Só stelletjie kombuistaal-yskasmagnete is boonop die ideale geskenk vir Ansie se juffrou wat al moeg is vir badsout, ouma Malie wat gereeld die kleinspan in die kombuis moet besig hou en daai kollega wat gereeld ander se taalfoute regmaak. Dis ideaal vir Kersfees, ʼn verjaarsdag, ʼn jaarafsluiting en enige ander geleentheid wat jy iemand met ʼn unieke en eg Afrikaanse geskenk wil bederf.

Die Koöperasie het ook ʼn spesiale stel kindertaal-yskasmagnete om saam met die kleinspan se aartappelstempel/handafdruk/eierdop-kunswerke op jou yskas te pryk.

*Afrikaanse woordmagnete, verpak in ʼn veeldoelige blikkie

  • R6000



Voorgestelde produkte
[powr-popup id=c3d00093_1480942739]